Aros en PretoriaFM

Ken Jou Storie kinderboek skryfkompetisie

Wou jy nog altyd ‘n kinderboek skryf?  Nou is jou kans!

Aros en PretoriaFM bied die geleentheid aan vir aspirant skrywers om hulle stories in te skryf vir een van die volgende kategorieë:

  • 4 tot 6 jaar
  • 7 tot 9 jaar

Kompetisie sluit 30 Julie 2021.

Prysgelde op die spel vir die wenboeke is ‘n kontantprys van R10 000 en jou boek word gepubliseer.

Naaswenners van elke kategorie ontvang ‘n kontantprys van R5 000.

Wenners ontvang slegs prysgelde vir die wenboeke en geen tantieme nie.